Aartappel en Sampioen-Gebak

Kook 6-8 aartappels vir 15 minute. Koel af.  Oond 180 gr C.  Braai 1 gekapte ui, 1 gekapte knoffelhuisie en 2 k gekapte sampioene in bietjie olie tot sag.  Trek skille van aartappels af en sny aartappels in skyfief/stukkies.   Pak lae aartappels en uie-mengsel in oondbak, geur elke laag met sout en peper.  Gooi 250 ml room oor en sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Bak vir 30-40 minute tot goudbruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos