Aartappel en Tuna Gebak

Oond 190 ge C.    Skil 6 groot aartappels en sny in stukkies. Kook in soutwater tot net sag. Dreineer en sny in kleiner stukkies. Braai 1 gekapte ui en 2 t fyn gekapte knoffel in bietjie olie.  Geur met sout en peper.  Maak witsous van van 350 ml melk, 3 E koekmeel, sout en 2 t botter. [plaas in kastrol en roer met draadklitser tot dik en gaar, op medium hitte]  Roer 1 k plein jogurt by.  Meng 3 blikkies dreineerde tuna by aartappels en roer witsous deur.  Skep in oondbak. Sprinkel 1 k gerasperde kaas bo-oor en bak 30 minute tot goudbruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos