Aartappel-Gereg

Kook 8 aartappels sag in soutwater, Sny in skywe. Kap 2 uie en braai liggies in bietjie olie.  Pak aartappels, uie en 1 k gerasperde kaas in lae in oondbak. Begin en eindig met aartappels.  Meng 1 pakkie sampioen-soppoeier met 1 k melk en 1 k vars room. Klits 2 eiers en meng by room. Giet sopmengsel oor aartappels, Strooi nog kaas oor en fyngekapte pietersielie.  Bak 30-40 minute by 180 gr C.  Bedien met vis of gebakte wors en vars groenteslaai.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos