Tot Sy eer.
Search

Aartappel-Sampioen-Gebak

Kook 10-12 klein aartappeltjies tot net sag. Sny in helfte, met skil en al. Pak in oondvaste glasbak. Braai 1 gekapte ui en pakkie gesnyde sampioene in olie tot sag. Geur met sout en peper. Sprinkel sout oor aartappels. Skep sampioene-mengsel oor aartappels. Roer 1 pakkie sampioen soppoeier in 1 k room en 1 k melk. Klits al die klontjies uit, Gooi bo-oor aarappels en sampioene. Rasper cheddarkaas oor en bak by 180 gr C tot goudbruin. Omtrent 30-40 minute.  Bedien by frikkadelle, braaivleis, gebakte wors.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos