Tot Sy eer.
Search

Aartappelbroodjie

Oond op 180ºC

450 ml meel
3 teelepels bakpoeier
3 medium aartappels – geskil en gerasper
1 hoogvol koppie gerasperde kaas
1 eier
80 – 100 ml melk – dis reg – moenie te veel melk ingooi nie.
1 pakkie potatobake enige geur
4 repies rou spek fyner gekap – die spek is opsioneel

Gooi alle bestandele bymekaar en meng sommer met ‘n houtlepel .
Smeer die broodpannetjie met botter, skep die mengesel in en bak vir
40 – 50 minute tot gaar.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos