Aartappelslaai met Feta-kaas

Kook 12 klein aartappeltjies net gaar in soutwater. Trek skille af en halveer. Hou warm. Klits 180 ml mayonaise met 180 ml suurroom en 2 E wyn-asyn. Voeg sout en peper na smaak by. Roer 1 E heelkorrel-mosterd by en paar gekapte stingel-uie, gekapte agurkies en 300 ml feta-kaas, in stukkies, by. Meng liggies deur. As te suur, voeg bietjie suiker by. Bedien in mooi glasbak.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos