Amarula Malvapoeding

Oond 180 gr C.    Klits saam: 1 k suiker, 1 E sagte margarine, en 1 E appelkooskonfyt.  Roer by: 1 k bruismeel, 1 t koeksoda, 1/4 t sout, 1 k melk en 1 E asyn. Skep deeg in gesmeerde oondbak en bak vir 30 minute tot gaar. Prik gaatjies in sodra uit oond kom en gooi  vlg sous oor warm poeding:  Kook saam:  1 k room, 1/2 k suiker, 1/2 k kookwater en knippie sout.  Haal van plaat en roer 1/2 k amarula likeur by. Skep sous oor warm poeding. Bedien met vanilla roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos