Amerikaanse Sjokolade Koekies

Oond 180 gr C.  Klits saam: 500 gr sagte margarine, 2 k bruin suiker, 2 k wit suiker, 4 groot eiers en 2 t vanilla essens. Sif saam: 4 k koekmeel, 2 t bakpoeier, 2 t koeksoda en halwe t sout. Roer by nat bestandele. Voeg vlg by: 5 k rou hawermout, 500 gr skokolade stukkies, 400 gr sjokolade vermicelli en 100 gr gekapte pekanneute. Meng deur met jou hand en rol in bolletjies. Plaas ver uitmekaar op gesmeerde bakplaat. Koekies sprei uit.  Bak vir 15-20 minute tot gaar. Keer uit op draadrakkie en bêre in lugdigte houer.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos