An se Aartappelgereg.

Kook 4 groot aartappels tot net sag. [nie pap]  Trek skille af en sny in blokkies/skywe.   Braai 1 groot ui, gekap en 1 groen/geel soetrissie, gekap, in olie tot sag. Voeg 1 klein pakkie gesnyde sampioene by en roerbraai tot gaar.  Skep aartappel-stukkies in oondbak en skep uie mengsel bo-oor. Sprinkel sout oor.  Los 1 pakkie sampioen-soppoeier op in 1 k room en 1 koppie melk.  Klits klonte uit en gooi bo-oor.  Bak in 180 gr C oond tot goudbruin.  Bedien met frikkadelle  of vis.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos