An se Baksakkie Hoender

Oond 180 gr C.  Voer oondpan uit met tinfoelie. Sprinkel 8 hoenderstukke met hoender speserye. Plaas hoenderstukke en 4 aartappels, in kwarte gesny, in groot baksakkie en gooi vlg sous oor hoender.   Sous: Meng in beker: 1 gekapte ui, 2 E blatjang, 2 E tamatiesous, 2 E mayonaise en halwe t sout. Roer deur en gooi oor hoender. Maak baksakkie toe en steek 2 gaatjies in sakkie. Plaas in oond vir 1 uur. Sny baksakkie bo oop en bak hoender verder bruin onder oondrooster. Bedien met rys en groente.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos