An se groot Yogurt Tert

Maak kors van 1 pak Tenniskoekies, fyner gerol, gemeng met 4 E gesmelte margarine.  Druk vas in groot tertbak.

Klits 1 blik yskoue Idealmelk styf.  Klits by: 2 pakkies aarbeijellie, opgelos in 1 k kookwater en 1 blik kondensmelk.
Roer 1  houer  [500 gr]  aarbei jogurt by.
Skep in koekiekors en verkoel in yskas.
Bedien met vars of ingelegde aarbeie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos