An se Growwe Beskuit

Oond 180 gr C.  Smelt 500 gr margarine in groot glasbeker en roer 500 ml suiker by. Klits 4 groot eiers en roer 750 ml karringmelk by.  Voeg in mengbak: 1 kg Bruismeel, 875 ml semels, 6 t bakpoeier, 5 ml sout, 2 k muesli og All Bran Flakes (fyner gerol), 1 1/2 k sultanas en halwe k rosyne.  Roer 2 nat mengsels by droë bestandele. Maak deeg verder  met jou hande.  Skep in goed gesmeerde panne en druk af in grootte soos jy wil.  Bak vir 1 uur tot goudbruin en gaar.  Droog uit by 100 gr C.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos