An se Karringmelk Beskuit

Oond 180 gr C. In deegskotteL:  2 kg bruismeel, 2 t bakpoeier, 1 t kremetart, 1 t sout, 1 k sultanas en 2 E anys.  Smelt 650 gr margarine en voeg 2 en halwe k suiker by. Gooi 500 ml karringmelk in beker en breek 4 eiers by. Klits deur en voeg by meel-mengsel en dan die margarine en suiker. Knie deur en deel deeg in twee. Druk plat in panne en merk in blokkies. Bak vir 30-45 minute tot gaar, Breek los en plaas terug op panne en droog uit by 100 gr C.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos