An se Kerrievis

Sprinkel visspesserye oor 1 kg stokvis-stukke en rol in meel.  Bak net gaar in bietjie olie.  Hou eenkant.   Sous: Kook 6 uie in ringe gesny in soutwater vir 5 minute. Gooi water af en voeg vlg by: 250 ml asyn, 180 ml suiker, 1 E medium sterk kerriepoeier, 2 E vismasala, 1 E borriepoeier en 1/2 t sout.  Kook deur vir 5 minute.  Pak vis in glasbak en gooi sous oor.  Laat in yskas staan vir 2 dae.    Jy kan ook snoek of kabeljou gebruik.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos