Tot Sy eer.
Search

An se Lasagne

Vleissous: Braai 500 gr maer maalvleis in bietjie olie, 2 gekapte uie, 1 t fyn gekapte knoffel. Voeg sout by en 2 E tamatiepasta, kruie, soos oregano, tiemie, pietersielie, nie te veel. Voeg 1 k kookwater met 1 blokkie beef aftreksel, opgelos daarin, by en kook vir half uur. beslag moet slapperig wees. Maak witsous: Gooi in kastrol: 1 L melk, 2 E botter, 150 ml koekmeel en sout. Roer oor matige hitte tot witsous dik en gaar is. Roer halwe k gerasperde kaas by as jy wil.   Pak lae in lasagne bak..eerste maalvleissous, dan lasagne velle of lagie rou macaroni, dan witsous, dan vleissous, hou so aan tot alles opgebruik is, witsous heel bo, sprinkel dan gerasperde kaas bo-oor. Jy kan mozzarella kaas en cheddar kaas meng.  Bak vir 40-60 minute in oond. 180 gr C.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos