Tot Sy eer.
Search

An se Maklike Sjokolade Mousse

Sjokolade MousseSmelt 200 gr blok donker sjokolade en 150 gr pakkie marshmallows in glasbak in mikrogolf oond tot gesmelt. Roer kort-kort. Laat bietjie afkoel terwyl jy 1 blikkie Ideal melk, oornag in yskas, styf klits. Vou Sjokolade by Ideal melk. Skep in mooi glasies, Plaas in yskas tot voor opdien. Versier met cherries, room, flake en mint blaartjies. Kan ook in mooi teekoppies, in pierings, bedien word, sit mooi teelepel op piering en bedien.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos