An se Malvapoeding

Oond 180 gr C.

Klits saam: 1 k suiker, 1 E sagte margarine, en 1 E appelkooskonfyt.
Roer by: 1 k bruismeel, 1 t koeksoda, 2 t asyn, 1 k melk en 1/4 t sout.
Skep deeg in diep gesmeerde oondbak en bak vir 30-35 minute.
Gooi volgende bestandele in kastrol en kook vir sous: 250 ml room, 1/2 k suiker, 1/2 k kookwater en knippie sout.
As poeding gaar is, haal uit oond, steek gaaitjies in tert met vurk en gooi stroop versigtig oor.

Laat rukkie staan en bedien met vla of roomys

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos