An se Melktert

Maak ‘n koekiekors van fyngerolde Tennisbeskuitjies en 4 E gesmelte botter. Druk vas in ‘n groot tertbak.    In groot kastrol; 5 k melk, 1 k suiker, 2 E margarine en 1/4 t sout. Bring tot kookpunt.  Klits saam in ‘n beker; 3 E maizena, 2 E koekmeel, 5 eiergele, 1 k melk en 2 t vanillageursel.  Roer met draadklitser by melkmengsel. Kook deur en haal van stoof af.   Klits 5 eierwitte styf in skoon bak en vou in by melkpap.   Gooi oor tertkors.  Sprinkel fyn kaneel oor. Plaas in yskas.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos