An se Melktert

Maak die kors van 1 pakkie fyngerolde Tennis koekies gemeng met 4 E gesmelte botter. Moet lyk soos nat seesand. Druk dit onder-in groot, diep tertbak. Vulsel: Kook 5 k melk, 1 k suiker en 2 hoogvol E botter saam. Klits intussen, in groot maatbeker, 3 hoogvol E maizena, 2 hoogvol E koekmeel, kwart t sout, 5 eiergele, 2 t vanilla geursel en 1 k melk saam. Roer by melk wat saggies kook en roer aanhoudend met draadklitser. Kook deur en haal van stoof. Klits 5 eierwitte styf en vou in mengsel. Skep in tertkors en sprinkel fyn kaneel bo-oor. Jy kan ook 2 kleiner terte maak.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos