An se Pastei Deeg

In mengbak: 6 k bruismeel of 6 k koekmeel en 3 t bakpoeier, 1/2 t sout en 450 gr margarine, in klein blokkies gesny.  Vryf margarine in meel.  Maak deeg aan met koue kraanwater en 1 E wit asyn.  Deeg moet sag en hanteerbaar wees.  Laat eenkant rus. Skakel oond op 200 gr C.    Rol deeg uit en druk groot ronde sirkels uit. Vul met vleis of hoender vulsel.  Vorm pasteitjies.  Smeer geklitste eier bo-oor en bak tot goudbruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos