Tot Sy eer.
Search

An se Trifle

Maak 2 pakkies jellie aan vlgs aanwysings op pakkie, [rooi en groen] Maak vla van 2 k melk, 1 E suiker en 1 1/2 E vlapoeier. Laat afkoel.  As jellie gestol is, sny met mes in blokkies en krap deurmekaar met vurk.  Stel trifle saam:  Onder-in glasbak: pak rollkoekskywe en sprinkel met bietjie soetwyn. Dreineer een klein blikkie fruit cocktail vrugte en  sprinkel helfte vrugte oor. Dan helfte van groen en rooi jellie en helfte vla. Dan nog rolkoek skywe, nog wyn en dan stukkies groenvy en maketaan stukkies. Orige jellie, vrugte en stukkies okkerneute en halwe blikkie gekookte kondensmelk klontjies. Dan orige vla en groen en rooi cherries.. Bedek met kleefpapier. Net voor opdien, klits 250 ml vars room styf en spuit room rosies bo-op. Sprinkel gebreekte flake bo-oor.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos