Tot Sy eer.
Search

Anderste Broodpoeding

Genoeg vir 6

Bestandele:

3  1/2 eetlepels botter

3 koppies warm melk

3 eiers, geklits

1/2 koppie suiker

`n knippie sout

1 teelepel vanilla essence

1 teelepel kaneel

6 paasbolletjies, in blokkies gesny

Metode

Smelt die botter in die warm melk en meng met die eiers, suiker, sout, vanilla en kaneel. Rangskik die Paasbolletjie – blokkies in ‘n gesmeerde oondbak en gooi die melkmengsel daaroor. Bak in ‘n voorverhitte oond van 180⁰C vir 30 minute of totdat dit heeltemal gestol is. Bedien met styfgeklitse room of vla.

Wenk:

Jy kan die gerasperde skil van 1 suurlemoen in plaas van die vanilla essence gebruik.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos