Appel en Peer Frummelpoeding

Oond 180 gr C.   Skep 1 klein blikkie ingelegde pere en 1 klein blikkie tertappels in diep tertbak, met sous en al. Sny in kleiner stukkies. Gooi halwe k sultanas bo-oor, 1 groot E bruinsuiker, 1 t fyn kaneel, 1 t fyn gemmer en 2 E soetwyn. Krummel vlg bymekaar en gooi bo-oor vrugte: 100 gr sagte margarine, 1 k bruismeel, kwart t sout, halwe k suiker en halwe k hawermout. Bak vir 45 minute tot kors goudbruin. Bedien met vla of roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos