Appel Frummel Poeding

Oond 180 gr C. Skep 1 klein blikkie tertappels in bakskottel. Sprinkel 2 t suurlemoensap, 2 E heuning en bietjie fyn kaneel bo-oor.. Frummel saam in bak: kwart k koekmeel, 1 k rou hawermout, 60 ml botter, kwart k bruinsuiker en kwart t sout. Sprinkel bo-oor appels. Bak tot goudbruin. Eet met roomys of vla. Ander vars vrugte kan in appels se plek gebruik word, soos pruime, pere, perskes ens.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos