Tot Sy eer.
Search

Appel Frummeltert

unnamedOond 180 gr C.     Deeg: Klits 250 ml sagte margarine,200 ml suiker, 1 eier en 1 t vanilla geursel saam. Voeg 625 ml bruismeel, knippie sout en 250 klapper by en maak aan met hande tot hanteerbare deeg. Breek ‘n derde van deeg af en sit in plastieksakkie en plaas in vrieskas. Druk res van deeg in oondvaste tertbak vas op boom en teen kante. Verkoel in yskas. Na 10 minute, smeer halwe blik karamelkondensmelk op basis van tert. Plaas inhoud van 1 klein blikkie tertappels eweredig op die karamel. Haal deeg uit vrieskas en rasper egalig bo-oor appels. Bak vir 30-40 minute tot deurgaar en goudbruin. Sit louwarm voor met roomys of geklopte room.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos