Appel-Neut Speserye Broodjie

Oond  180 gr C.     Plaas 2 gerasperde groen appels in mengbak. Strooi 200 ml suiker oor en laat vir10 minute staan.  Sif droë bestandele by: 375 ml koekmeel,10 ml bakpoeier, 2 ml sout, 7 ml fyn kaneel,2 ml fyn neutmuskaat.   Roer deur.    Klits saam; 125 ml olie, 1 groot eier, Roer by droë bestandele.  Roer 125 ml sultanas en 125 ml gekapte okkerneute by.  Skep in gevoerde, gesmeerde broodpan.  Bak60 minute tot gaar. Keer uit op afkoelrak.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos