Appel Poeding/Tert

Skep 1 blik tertappels [410 gr] in diep, gesmeerde oondbak.  Meng vlg bestandele: 1 k koekmeel, 2 t bakpoeier, 1 k suiker, 4 E sagte botter, 1/4 t sout, 3 eiers, 65 ml melk en 1 t vanillageursel.  Gooi deeg oor appels.   Bak vir 30 minute tot gaar by 180 gr C.       Sous: Gooi in kastrol: 1 blik Idealmelk, 125 ml bruinsuiker en 1 t vanilla/karamelgeursel.    Kook deur.  As tert gaar is, steek met vurk gaatjies in en gooi warm sous oor.   Bedien lou-warm met roomys of geklopte room.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos