Appel Speserye Koek

Oond 180 gr C.  Klits saam;  125 ml sagte margarine, 1/2 k wit suiker, 1/2 k bruin suiker, 2 eiers, 1t vanilla. Roer 250 ml fyn gekookte appel by. Sif saam: 2 k bruin meel, 1 t koeksoda, 1/2 t sout, 1 t fyn kaneel, 1/2 t gemengde speserye en 1/2 t fyn gemmer. Roer by nat mengsel en ook 2 t asyn.  Ook 4 E gekapte okkerneute as jy verkies.   Skep in goed gesmeerde tuitpan of 2 gevoerde, gesmeerde ronde koekpanne. Bak 45-60 minute tot gaar. Koel af op afkoelrakkie.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos