Aspersie en uie Tert

Kors; Vryf 125 gr margarine in 1 k bruismeel en knippie sout. Klits 1 eier en meng met meel tot sagte deeg. As te droog, voeg bietjie water by. Laat rus terwyl jy vulsel gereed maak. Vulsel: Baai 3 medium uie, gesny, in olie, dreineer. Skakel oond op 180 gr C. Rol korsdeeg uit en voer gesmeerde oondbak uit. Skep uie in kors, pak een blikkie gedreineerde aspersies bo-op en stooi 1 k gerasperde cheddar kaas bo-oor. Klits 2 groot eiers en 1 k room saam, voeg sout en peper na smaak by. Gooi bo-oor kaas en bak vir 45-50 minute tot gaar en gestol.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos