Asyn Poeding

Oond: 180 gr C.     Klits saam: 60 gr sagte botter, 125 ml suiker, 1 groot eier en 3 t fyn appelkooskonfyt.  Sif saam: 250 ml bruismeel, 1/2 t koeksoda en 2 ml sout.  Roer by eiermengsel en roer 250 ml melk by, Roer laaste 30 ml asyn by. Skep mengsel in diep glasbak en bak vir 30-40 minute tot gaar.    Gooi vlg sous oor:  Meng in kastrol: 80 ml suiker, 80 ml melk, 60 ml water, 45 ml botter, 5 ml vanillageursel en knippie sout.     Laat prut vir 5 minute en giet oor warm poeding.   Eet met vla of roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos