Tot Sy eer.
Search

Bacon en Spinasie Quiche

Kors;  Gooi 250 ml bruismeel en knippie sout in ‘n bak, meng 50 ml olie en 75 ml kookwater en meng met ‘n mes by die meel. Hanteer deeg verder met hande en druk vas in tertbak. Plaas eenkant en berei vulsel voor.     Vulsel; Braai 1 pakkie bacon, gesnipper, in bietjie olie en dreineer op kombuispapier. Strooi 1 k gerasperde cheddarkaas op boom van kors. Kap 2 handevol baba- spinasie  met ‘n mes en strooi saam met bacon bo-oor kaas. Klits 250 ml room en 2 eiers saam en gooi versigtig bo-oor. Bak vir 40-45 minute by 180 gr C.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos