Tot Sy eer.
Search

Bacon Pasta-gereg

Oond 180 gr C.  Kook halwe pak, 250gr, skulpie pasta, net gaar, dreineer en hou eenkant. Braai 1 gekapte ui in olie en voeg 1 pakkie bacon, in stukkies geknip, by asook 1 pakkie sampioene, kleiner gesny. Braai deur en voeg die skulpie pasta by. Los 1 pakkie sampioen soppoeier op in 2 en halwe k melk en roer by gereg. Roer deur tot begin kook en roer heeltyd tot dik sous vorm. Skep in oondbak en strooi 1 k gerasperde cheddar kaas en motzorella kaas [gemeng] bo-oor. Bak vir 30 minute tot goudbruin.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos