Baksakkie Hoender

Oond 180 gr C. Skep vlg in baksakkie: 5 ml aromat, 10 ml hoenderspeserye, 5 ml paprika, halwe k droë broodkrummels en halwe pakkie uie soppoeier. Skud deur en plaas heel hoender binne-in sakkie en skud dat hoender oral bedek is met mengsel. Vou oopkant van sakkie onder hoender in en plaas in bakskottel Bak vir 1 – 1 en half ure tot hoender sag en gaar is. Knip sakkie oop en bedien met groente.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos