Banaffee Tert

Maak koekiekors van 1 pakkie Tenniskoekies, fyn gerol en 4 E gesmelte margarine.  Druk in tertbak vas, ook langs die kante.  Skep 1 blikkie karamelkondensmelk op kors. Sny 3 ryp piesangs in skyfies en pak bo-op karamel. Sprinkel met bietjie suurlemoensap. Klop 250 ml room styf en skep bo-op. Plaas in yskas tot bedien. Sprinkel gekrummelde flake oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos