Tot Sy eer.
Search

Bar-One kolwyntjies

Bar-One kolwyntjies

200g Bruismeel

200g bruinsuiker

90ml kakao

150ml sonneblomolie

100ml suurroom

100ml water

2 eiers

1tl vanilla ekstrak

Verhit oond tot 180°C

Plaas 10 papier houertjies in ‘n kolwyntjie pan

Meng al die bestanddele tot glad en verdeel dioe beslag tussen die papierhouertjies

Bak 20 min tot gaar

Koel af

Versiering

200 g Bar-One-sjokolade, in stukke gesny
225 g botter
15 ml (1 e) melk

500 ml (2 k) versiersuiker

Smelt die skywe Bar-One en meng die botter en melk in. Sif die versiersuiker in, en klits tot dik en glad.

Smeer op die kolwyntjies of versier met ‘n versierbuis

Versier met ekstra Bar-0ne

Deur  –  Mario the food guru

 

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos