Tot Sy eer.
Search

Beesstert Bredie

Braai 1 kg beesstert-stukke goudbruin in olie. Haal uit kastrol en hou eenkant. In dieselfde kastrol, braai: 2 gekapte uie, 2 prei-stingels, gekap, 4 wortels in ringe gesny, en 2 selderystingels in stukkies gesny. Braai tot begin bruin word. Plaas saam met beestert in casserole. Meng 3 k water met 1 pakkie beesstert-soppoeier en 1 k rooiwyn. Gooi oor vleis en groente. Bedek met deksel en plaas in oond, 160 gr C vir 3 ure.  Die vleis moet van die beentjies loskom. Roer 1 blik botterbone by. Bedien met rys, stampmielies of kapok-aartappel.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos