Tot Sy eer.
Search

Beesvleis Bredie met kluitjies

Braai 500 gr beesvleis-blokkies in olie tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant. Braai in selfde kastrol: 2 uie gekap, 2 wortels, in ringe  gesny en 2 toontjies knoffel, fyngekap. Roer 1 pakkie Hearty-Beef soppoeier by groente en volg met 2 k warm water. Krap al die grommerigheid onder in kastrol los en voeg nog halwe k rooiwyn by. Kook deur en skep vleis in casserol en gooi vloeistof versigtig bo-oor. Plaas deksel op en plaas in oond, 180 gr C vir 2 ure. Maak kluitjies: 2 k bruismeel, 1 t kruie, pietersielie/roosmaryn, 2 E sagte margarine, 1 geklopte eier en 4 E melk ook knippie sout. Meng goed deur tot sagte deeg. Skep bo-op bredie na twee ure in oond en plaas weer terug in oond vir 20 minute. Geniet met vars slaai

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos