Beste Botterkoek

Stel oond op 180 gr C. Smeer en voer 2 koekpanne. Klits saam in mengbak: 300 gr sagte botter, 1k plus 2 E suiker en 5 eiergele. Klits vir 5 min. Sif 2 k plus 1 E koekmeel en kwart t sout plus 4 t bakpoeier. Vou by bottermengsel in. Klits 5 eierwitte styf en vou in 3 dele by koekemengsel in, met metaallepel. Deel deeg in panne en bak 40-45 min tot gaar. Versier soos verkies as afgekoel, met botterversiersel, aarbeikonfyt of caramal kondensmelk

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos