Bierboks Koek

Voer ‘n bierboks met tinfoelie uit en spuit of smeer goed.  Oond 180 gr C.     Klits saam:  8 eiers, 750 ml suiker en 2 t vanillageursel.   Voeg 250 ml water en 250 ml karringmelk by. en ook 150 ml kookolie.  Sif 815 ml koekmeel, 30 ml bakpoeier 150 ml kakao-poeier en 3 ml sout.  Roer by eiermengsel.  Skep deeg in boks en bak vir 35-40 minute tot gaar.  Versier as afgekoel soos verlang.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos