Biltong Frittata

Braai 1 gekapte ui in bietjie botter en voeg ‘n halwe, gekapte groenrissie by. Klits 4 groot eiers en 30 ml melk en giet oor gebraaide ui en rissie. Gooi 50 gr gekapte biltong, of gebraaide bacon bo-oor en 1 wiel feta kaas, gekrummel. Hou vir so 5 minute op plaat en plaas dan onder oond rooster tot goudbruin en gaar. Sny in skywe en bedien met roosterbrood.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos