Blatjang Skaapboud

Verhit oond 140 gr C.  Sny vel en meeste van vet van skaapboud af. Smeer goed in met bietjie olyfolie en 5 fyngedrukte knoffelhuisies. Geur met genoeg sout en peper.,  Smeer Boud heel toe met vrugteblatjang. Plaas boud in oondpan met deksel en plaas in oond en bak 4-5 ure. Gooi sous of en maak vleissous daarvan en voeg nog bietjie blatjang by. Bak nou boud tot goudbruin. Laat rus paar minute en sny in skywe. Bedien met groente en sous.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos