Blik Viskoekies

Meng saam; 1 blik tamatievis, met sous, 1 groot gerasperde aartappel, 2 groot eiers, 2 E bruismeel, 1 E pietersielie, 1 t visspeserye en gekapte sprietuie na smaak. Roer alles liggies deur. Skep eetlepels-vol in vlak, medium-warm olie. Braai tot goudbruin alkant. Dreineer koekies op kombuis-papier. Bedien met kapokaartappels of aartappelskyfies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos