Blits Poeding

Oond 180 gr C.   Maak die deeg in die bak aan waarin jy die poeding gaan bak, bak moet omtrent inhouds mate van 2 L hê. Meng 1 E sagte margarine, 1 k appelkoos konfyt, 1 t koeksoda, 6 E hoogvol bruismeel, kwart t sout,  1 t fyn gemmer en 2 t asyn in bak. Strooi 1 k bruin suiker bo-oor deeg en dan 3 k kookwater. Bak 30-35 minute tot goudbruin en gaar. Poeding maak ‘n dik sous onder in bak. Bedien met roomys of vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos