Tot Sy eer.
Search

Bobotie

Oond 180 gr C.  Braai saam in platboom kastrol: 2 fyngekapte uie in 2 E kookolie. Voeg by: 1 t fyn gemmer, 1 t kerrie poeier, 1 t borrie en 1 E bruinsuiker. Roer aanhoudend en pasop vir aanbrand. Week 2 snye witbrood in bietjie melk.  Braai 700 gr maalvleis by uiemengsel en roer brood by, asook; 2 E blatjang, 2 E appelkooskonfyt, 2 E asyn, 2E worcestersous, halwe t sout en halwe k sultanas,. Kook deur tot gaar en skep uit in gesmeerde oondbak. Klits saam; 2 eiers en 375 ml melk en gooi bo-oor vleismengsel. Druk vars suurlemoen/lourier blare in. Bak vir 50-60 minute in oond.   Keriepoeier kan vermeerder word na smaak.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos