Tot Sy eer.
Search

Bobotie

Braai 1 ui, gekap, in bietjie olie.  Voeg 400 gr maalvleis by. Braai tot vleis nie meer pienk is.  Voeg 1 t medium sterk kerriepoeier en 1 t borriepoeier by. Roer 1 E appelkooskonfyt en halwe t sout by. Prut vir 5 minute.  Roer 1 k broodkrummels en halwe k sultanas by.   Kook deur. vleis  moenie waterig wees nie.  Skep in oondbak. Klits 1 eier en 1/2 k melk en knippie sout saam. Gooi oor bobotie mengsel. Sit 3 suurlemoen/loerierblare bo-op. Bak tot eier gestol en goudbruin is, 50-60 minute by 180 gr C.   Bedien met rys en soet patat of pampoen.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos