Tot Sy eer.
Search

Bobotie

Oond: 180 gr C.

Braai saam in ‘n dikboom kastrol: 2 gekapte uie, 60 gr margarine, 15 ml fyn gemmer, 30 ml bruin suiker, 10 ml kerriepoeier, 15 ml borrie, 10 ml sout.  Week 2 snye brood in biejie melk. Voeg 1 kg maalvleis by uie mengsel en breek op met vurk, voeg geweeke brood by en 60 ml blatjang, 30 ml appelkooskonfyt, 30 ml asyn, 30 ml worsestersous, 30 ml tamatiepasta en handvol pitlose rosyne. Kook vir 20 minute, roer af en toe. Skep in diep oondbak. Klits 3 eiers en 375 ml melk goed saam en gooi bo-oor vleismengsel. Druk met vurk opening sodat eiermengsel kan inloop. Sit paar lourier- of suurlemoenblare bo-op. Bak vir 40-50 minute tot goudbruin en gaar.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos