Boontjiesop

Laat 1 pakkie boontjies in water oornag week.   Vlg Oggend;  Kook boontjies end weg en water af. Gooi skoon water by en kook tot sag. Kook intussen paar stukkies beentjie-vleis met uie tot sag.  Voeg vleis en vleissous by boontjies. Rasper 4 aartappels en 4 wortels op growwe kant van rasper, Voeg by sop. Kook saggies deur vir 1 uur en roer dan 1 koppie skulpie pasta by, kook tot gaar. Gooi af en toe water by indien nodig.  Meng 1 pakkie Hearty Beef sop met bietjie koue water en roer by sop. Kook tot dik. Proe en voeg sout en peper na smaak by.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos