Tot Sy eer.
Search

Braai Pie

2 rolle skilferkorsdeeg, ontvries

500 g mozzarella

rosemaryn en tiemie vir geursel

Vulsel

2 skywe feta kaas

1 pak gesnipperde spinasie

1 ui – gesnipper

1 pak sampioene, in skyfies gesny

1 pak bacon – gesnipper

1 teelepel chilli flokkies

(As j oorskiet gaar vleis het,sny in klein blokkies en meng by die res).

Meng die spinsie, ui, sampioene, bacon en chilli flokkies en braai liggies in ‘n pan.

Rol die een skilferkorsdeeg oop op n braairooster wat met spray ‘n cook gespruit is. Sprinkel die helfte van die mozzarella oor en geur liggies met roosmaryn en tiemie. Versprei nou die vulsel eweredig daarop en breek die feta in klein stukkies bo-oor,maar moenie te veel vulsel gebruik nie, sodat die rooster toe en braai oor lae hitte vir 20 minute. Draai gereeld om sodat die deeg nie brand nie. Maak die rooster versigtig oop,plaas ‘n sagte doek oor, draai die rooster om en maak die ander kant ook versigtig los. Skuif af op ‘n snybord,sny in skywe en geniet.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos