Tot Sy eer.
Search

BRAAI-PIE

2 rolle skilferkorsdeeg;
1 pak spinasie;
Gaar hoenderborsies (gerookte hoenderborsies kan ook gebruik word);
1 pakkie gesnipperde bacon;
1 ui;
1 rooi rissie;
1 geel rissie;
1 pak sampioene;
feta; mozzarella en cheddar kaas.
Laat deeg ontdooi en rol uit. Braai ui, rissies en bacon saam. Voeg Ina Paarman se Rosemary and Olive en peper by. Sit helfte van rou spinasie op deeg. Sny hoenderborsies in stukkies en plaas op spinasie. Sit ui en bacon mengsel op. Pak nou sampioene op. Sit nou die verskillende kase oor. Eindig met ander helfte van spinasie. Plaas deeg bo-op. Verf met eier/melk. Maak deeg oral toe soos ‘n pakkie. Gebruik rooster met randjies. Braai hoog op vuur. Braai so 15min, draai gedurig om. Braai tot mooi goudbruin.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos