Tot Sy eer.
Search

Braaipastei

Braaipastei

Bestanddele vir 2 braai-pasteie:

_ 2 rolle skilferkorsdeeg

– 1 ui

– halwe groen peper

– halwe rooi peper

– 1 pakkie sampioene

– 1 pakkie spek, fyngesny

– mayonnaise

– sout en peper

Metode:

ONTDOOI: Laat die deeg heeltemal ontdooi en rol oop op ‘n meelbestrooide oppervlak. Gebruik ‘n kleinbordjie en sny twee sirkels uit elke rol deeg.

VINGERLEK VULSEL; Braai die uie, groen soetrissie, rooi soetrissie en sampioene in olie tot gaar. Haal uit die pan en braai die pakkie spek tot bros. Gooi die groentemengsel en spek bymekaar en sit eenkant.

AL IN DIE RONDTE: Smeer twee deegsirkels met mayonnaise en verdeel die vulsel tussen die twee sirkels. Sit elke sirkel se deegdekseltjie op en maak die rante stewig toe deur die twee sirkels met ‘n vurk al in die rondte op mekaar vas te druk.

WENK: Jy kan nou hierdie pasteie in ‘n plastieksak sit en dadelik vries, of jy kan dit sommer dadelik braai. Onthou net as jy dit vries sodat jy dit later kan braai, moet jy dit minstens drie ure voordat jy beplan om te braai, uit die vrieskas haal sodat dit kan ontdooi.

HOE WORD DIT GEBRAAI?: Die pasteie moet baie stadig oor louwarm kole in ‘n toeknyprooster gebraai word. Dit gaan ongeveer 20 tot 30 minute neem. Draai gereeld om.

VARIASIE; Sit groenvye en briekaas in die pastei en bedruip dit met heuning en grofgekapte neute. Dan is dit ‘n heerlike nagereg.

HOEVEELHEID: Een pastei is genoeg vir 2 volwassenes, of as jy rasend honger is vir een man, of 3 tot 4 kinders.

LEKKER EET!

Gedagte vir die dag: Agter elke misverstand tussen mense skuil daar ‘n stukkie slegte taalgebruik. (N.P. van Wyk Louw)

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos